Tien geslagte · Een lynTen generations · One line

Die Familie-VleuelThe Family Wing

Die geskiedenis van ons Van Dyk's, vanaf 1691 tot vandag — elke voorvader ’n kamer, elke kamer geplaas in die geskiedenis van sy tyd. Stap deur die gang en volg die goue draad van die lyn.

The history of our Van Dyks, from 1691 to today — each forefather a room, each room set in the history of its time. Walk the corridor and follow the golden thread of the line.

Die AankomssaalThe Arrival Hall

Hoe die Van Dyk's na Afrika gekom hetHow the Van Dyks came to Africa

Na die 1652 se volksplanting het drie volwasse persone met die familienaam Van Dyk na Suid-Afrika verhuis vanuit Europa. In 1691 het Jan Pietersz van Dyk met sy twee seuns, Joost en Burgert, en ’n dogtertjie, Anna, uit Ysenberg (Izenberge) in Vlaandere hier aangekom. In 1710 het Johannes van Dyk vanuit De Klundert in Noord-Brabant, Holland, gevolg. In 1743 kom nog ’n Van Dyk, Louis, ’n sieketrooster in Kaapstad — die kerkraad van Kaapstad is deur die Politieke Raad beveel om hom na Batavia te stuur, en hy verkas daardie selfde jaar. In 1792 het Evert van Dyk vanaf Middelburg, Zeeland, aangekom. Ná die Tweede Wêreldoorlog het verskeie nuwe immigrante met die familienaam vanuit Nederland die land binnegekom.

Uit skrale gegewens waarin familiegeskiedenis voorkom, is dit duidelik dat die Van Dyks, met weinig uitsonderinge, kerkvaste, behoudende en tradisievaste mense was.

After the founding settlement of 1652, three adults bearing the name Van Dyk moved from Europe to South Africa. In 1691 Jan Pietersz van Dyk arrived from Ysenberg (Izenberge) in Flanders with his two sons, Joost and Burgert, and a little daughter, Anna. In 1710 came Johannes van Dyk from De Klundert in Noord-Brabant, Holland. In 1743 yet another Van Dyk, Louis, was a sick-comforter in Cape Town — the church council was ordered by the Political Council to send him on to Batavia, and he departed that same year. In 1792 Evert van Dyk arrived from Middelburg in Zeeland. After the Second World War, new immigrants bearing the name came into the country from the Netherlands.

From the scant records in which family history survives, one thing is clear: the Van Dyks were, with few exceptions, church-fast, conservative and tradition-fast people.

  1. Kamer I · Die StamvaderRoom I · The Founding Father

    Joost Pietersz van Dyk

    Gebore Ysenberg, Vlaandere · Aangekom aan die Kaap 1691Born Ysenberg, Flanders · Arrived at the Cape 1691

    getroud 4.3.1696 in die Paarl met Catharina Verburgh (twee kinders) · trou weer 1700 met Elizabeth van Wyk (twee kinders) · trou weer 1710 met Helena Siewerts in Swellendam (vier kinders)

    m. 4.3.1696 in the Paarl, Catharina Verburgh (two children) · m. 1700, Elizabeth van Wyk (two children) · m. 1710 in Swellendam, Helena Siewerts (four children)

    Ons lyn begin by Joost Pietersz van Dyk, gebore in Ysenberg, Vlaandere, wat as seun saam met sy pa Jan Pietersz in 1691 aan die Kaap aangekom het. Hy is drie keer getroud en het sy gesinne grootgemaak op die groeiende rand van die jong kolonie — eers in die Paarl, en later uit op Swellendam, destyds die verste uithoek van die nedersetting.

    Our line begins with Joost Pietersz van Dyk, born at Ysenberg in Flanders, who came to the Cape as a boy with his father Jan Pietersz in 1691. He married three times and raised his families on the young colony's growing edge — first in the Paarl, and later out at Swellendam, then the furthest reach of the settlement.

    In daardie tydIn that time

    Die Kaap was ’n VOC-verversingspos van skaars veertig jaar oud. Vryburgers het verby die eerste bergreekse begin druk — wingerde by die Paarl, en vee wat al hoe verder Breederivier se wêreld in gewei het.

    The Cape was a Dutch East India Company refreshment station barely forty years old. Free burghers were pushing inland past the first mountain ranges, planting vines at the Paarl and grazing cattle toward the Breede River valley.

  2. Kamer II · Die Man van TulbaghRoom II · The Man of Tulbagh

    Sybrand van Dyk

    Gebore 1712, StellenboschBorn 1712, Stellenbosch

    getroud 1.11.1733 met Alida Aletta Brits · trou 12.1.1749 op Tulbagh met Aletta Nobel (weduwee van Jan Dirk Heideman) · trou 21.3.1751 op Tulbagh met Sara de Clerq (weduwee van Jacob Erasmus) · trou 1788 op Tulbagh met Martha Margaretha Lubbe

    m. 1.11.1733, Alida Aletta Brits · m. 12.1.1749 at Tulbagh, Aletta Nobel (widow of Jan Dirk Heideman) · m. 21.3.1751 at Tulbagh, Sara de Clerq (widow of Jacob Erasmus) · m. 1788 at Tulbagh, Martha Margaretha Lubbe

    Sybrand, die vyfde kind uit die huwelik met Helena Siewerts, was — soos die ou stuk dit stel — voorwaar die man van die manne op Tulbagh. Hy is vier keer getroud, die laaste keer op 76 jaar oud. Soos ’n Esau van ouds was hy ’n egte seun van die veld. By sy eerste vrou het hy net dogters gehad; die tweede vrou was kinderloos; maar by sy derde vrou, die weduwee Sara Erasmus, gebore de Clecq, het hy twee seuns en drie dogters gehad. Die oudste van hierdie kinders, Joseph, vat ons lyn verder.

    Sybrand, fifth child of the marriage with Helena Siewerts, was — as the old record puts it — truly the man of the men of Tulbagh. He married four times, the last time at the age of 76. Like Esau of old, he was a true son of the veld. His first wife gave him only daughters; the second marriage was childless; but with his third wife, the widow Sara Erasmus, born de Clerq, he had two sons and three daughters. The eldest of these children, Joseph, carries our line further.

    In daardie tydIn that time

    Tulbagh — die Land van Waveren — was die poort na die binneland. Trekboere met hul waens en kuddes het die kolonie verander van ’n tuin aan die voet van Tafelberg na ’n land van groot, half-bekende afstande.

    Tulbagh — the Land van Waveren — was the gateway to the interior. Trekboere with their wagons and herds were turning the colony from a garden at the foot of Table Mountain into a country of vast, half-known distances.

  3. Kamer III · Die GrensRoom III · The Frontier

    Joseph van Dyk

    Gebore op Tulbagh, 9.7.1752Born Tulbagh, 9.7.1752

    getroud 10.12.1780 op Stellenbosch met Zacharia Catharina Kruger — vyf kinders is gebore

    m. 10.12.1780 at Stellenbosch, Zacharia Catharina Kruger — five children

    Die naam Joost — die stamvader se naam — het maklik in die volksmond "Joos" geword, wat weer in die kerkregisters "Joseph" geword het. Met oupa Sybrand vooraan het die kinders en kleinkinders op die voorposte in die Graaff-Reinet-distrik gewoel en gewerskaf — strooptogte en strafekspedisies, met ingryping van die Kompanjie vir orde, was aan die orde van die dag. Oupa Sybrand was altyd op die voorpunt. Soos menige ander "patriotte" het hierdie Van Dyks, ná die Engelse besetting in 1806, al verder noord getrek. Teen die einde van die negentiende eeu woon hulle in die distrikte van Cradock, Grahamstad en Tarka en verder noord, tot agter die Sneeuberge.

    The name Joost — the founding father's name — easily became "Joos" in everyday speech, and in the church registers it in turn became "Joseph". With old Oupa Sybrand at the fore, Joseph's children and grandchildren lived on the outposts of the turbulent Graaff-Reinet district, in a world of raids and punitive expeditions, with the Company stepping in to keep order. Oupa Sybrand was always at the forefront. Like many another "patriot", these Van Dyks trekked ever further north after the English occupation of 1806. By the end of the nineteenth century they lived in the districts of Cradock, Grahamstown and Tarka, and further north, to beyond the Sneeuberge.

    In daardie tydIn that time

    Graaff-Reinet was die kolonie se rustelose oosgrens — ’n betwiste grensland waar boere, Xhosa-kapteinskappe en ’n verre regering mekaar ontmoet en gebots het. In 1806 neem die Britte die Kaap vir ’n tweede keer, en vir baie grensfamilies was dit die deurslag: hulle kyk noord.

    Graaff-Reinet was the colony's restless eastern frontier — a contested borderland where farmers, Xhosa chiefdoms and a distant government met and clashed. In 1806 the British took the Cape for the second time, and for many frontier families that settled it: they looked north.

  4. Kamer IV · Die VoortrekkerRoom IV · The Voortrekker

    Frans Johannes van Dyk

    Gebore 1787, Tarka · Sterf 17.2.1838 by Bloukrans, NatalBorn 1787, Tarka · Died 17.2.1838 at Bloukrans, Natal

    getroud 10.5.1807 in Graaff-Reinet met Anna Catharina de Lange

    m. 10.5.1807 at Graaff-Reinet, Anna Catharina de Lange

    Die derde kind van Joseph en Zacharia Kruger het, soos die gewoonte was, ’n naam van die kant van moeder Zacharia gekry: Frans Johannes. Oupa Sybrand het dik in die jong Frans se are geloop. Hy en van sy broers was betrokke by die Slagtersnek-opstand, maar omdat hulle nie wapens opgeneem het nie, was hulle slegs beboet en moes die teregstelling bywoon.

    Frans en sy ouboet Sybrand was alreeds saam met dertig ander gesinne, meestal de Langes, langs die Witkeirivier, waar Louis Trichardt se trek hulle in 1834 gekry het. In 1836 trek die familiegroep verder noord, oor die Oranje, en sluit by Potgieter se trek aan. Met die meningsverskil tussen Potgieter en die trekke van Retief en Uys, trek Oupa Frans en sy broer Sybrand saam met Retief na Natal. Hier kies die de Langes, met die aangetroude Van Dyks, weer om saam met Gert Maritz die Drakensberg oor te steek. In afwagting vir Retief se terugkoms was hierdie trekkers voorwaar in "lui lekker land". Rustig in die groen-groen land van Natal, waar die beeste se wei baie wild was, het hulle net gekuier, geëet, gedrink en geslaap.

    Die nag van 16 Februarie 1838 word alles wreed versteur toe tienduisende Zoeloe-krygers die verskillende laertjies aanval. Hoewel die Van Dyks die aanval oor die algemeen oorleef het, het Oupa Frans Johannes dié nag gesneuwel. Dit kan afgelei word dat sy vrou en kinders verder by die de Langes gebly het.

    The third child of Joseph and Zacharia was, as the custom was, given a name from his mother Zacharia's side: Frans Johannes. Oupa Sybrand's blood ran strong in young Frans. He and some of his brothers were caught up in the Slagtersnek uprising — but because they had not taken up arms, they were only fined and made to witness the executions.

    Frans and his elder brother Sybrand were already living with thirty other families, mostly de Langes, along the Witkei River when Louis Trichardt's trek found them there in 1834. In 1836 the family group trekked further north, over the Orange, and joined Potgieter's trek. When opinion split between Potgieter and the treks of Retief and Uys, Oupa Frans and his brother Sybrand went with Retief to Natal, while the de Langes and the Van Dyks who had married into them crossed the Drakensberg with Gert Maritz. Waiting for Retief's return, these trekkers were truly in a land of milk and honey — in the green-green land of Natal, where the grazing was wild and plentiful, they simply lingered, ate, drank and slept.

    On the night of 16 February 1838 everything was cruelly shattered when thousands of Zulu warriors attacked the scattered encampments. Though the Van Dyks on the whole survived that night, Oupa Frans Johannes did not. From what can be gathered, his wife and children afterwards lived on with the de Langes.

    In daardie tydIn that time

    Dit was die Groot Trek — duisende gesinne wat tussen 1836 en 1838 die Kaapkolonie per ossewa verlaat het. Die aanvalle by Bloukrans en Weenen in Februarie 1838, ná die uitwissing van Retief se geselskap, het een van die bepalende tragedies van die trek geword.

    This was the Great Trek — thousands of families leaving the Cape Colony by ox-wagon between 1836 and 1838. The Bloukrans and Weenen attacks of February 1838, after the killing of Retief's party, became one of the defining tragedies of the trek.

  5. Kamer V · Die RepubliekbouerRoom V · The Republic Builder

    Johannes Hendrik van Dyk

    Gebore op Cradock, 18.8.1811 · Gedoop op Graaff-Reinet, 3.12.1812 · Sterf op Steenbokfontein, 1.11.1882Born Cradock, 18.8.1811 · Baptised Graaff-Reinet, 3.12.1812 · Died Steenbokfontein, 1.11.1882

    getroud op Cradock, 25.3.1832, met Charlotta Catharina Eloff (gebore 23.6.1814)

    m. 25.3.1832 at Cradock, Charlotta Catharina Eloff (born 23.6.1814)

    Die derde kind van Oupa Frans kry weer die familienaam uit die de Langes se stam: Johannes Hendrik. Hierdie Oupa Johannes Hendrik het blykbaar by die Potgieter-trek gebly toe sy pa Frans Natal toe getrek het — die Ouma, gebore Eloff, se mense was Potgieter-volgelinge. Ná Potgieter die dorp Potchefstroom aangelê het, het Oupa Johannes (Jan) nog verder getrek en hom gevestig op die plaas Witrand aan die Kosterrivier in die Swartruggens-gebied. Oupa Jan verruil sy plaas Witrand later vir die plaas Steenbokfontein, naby Rustenburg.

    Ná groot politiekery tussen Potchefstroom- en Natal-trekkers stig Potgieter die republiek Potchefstroom–Winburg. Die Rustenburgse Van Dyks was Potgieter-mense en trek weer saam na die Portugese grens om naby ’n neutrale hawe met handelsmoontlikhede te wees. Oupa Jan van Dyk van Steenbokfontein was op ’n kommissie om met die Portugese in Lorenco Marques te gaan onderhandel. Grense is bepaal en Oupa Jan het self, ses myl vanaf Lorenco Marques, ’n klipstapel gepak. Die Portugese wou dit nie aanvaar nie. Mislukkings met hierdie onderhandelinge, en die koors en sterftes in die laeveld, het die mense weer laat terugtrek na hulle eiendomme om Rustenburg.

    The third child of Oupa Frans again received a family name from the de Lange stem: Johannes Hendrik. It appears Oupa Johannes stayed with the Potgieter trek when his father went on to Natal — the Ouma, born Eloff, came of Potgieter people. After Potgieter laid out the town of Potchefstroom, Oupa Johannes (Jan) trekked further still and settled on the farm Witrand on the Kosterrivier in the Swartruggens country. He later exchanged Witrand for the farm Steenbokfontein, near Rustenburg.

    After much politicking between the Potchefstroom and Natal trekkers, Potgieter founded the republic of Potchefstroom–Winburg. The Rustenburg Van Dyks were Potgieter people, and trekked again toward the Portuguese border, to be near a neutral harbour with trading possibilities. Oupa Jan of Steenbokfontein served on a commission sent to negotiate with the Portuguese at Lourenço Marques. Boundaries were determined, and Oupa Jan himself packed a stone cairn six miles from Lourenço Marques. The Portuguese would not accept it. The failure of those negotiations, and the fever and deaths in the lowveld, brought the people back at last to their properties around Rustenburg.

    In daardie tydIn that time

    Noord van die Vaal het die trekkers dorpe en kortstondige republieke gestig. Potchefstroom (1838) was die eerste, en toegang tot ’n hawe vry van Britse beheer — Delagoabaai by Lorenco Marques — was ’n droom wat Transvaalse politiek vir ’n halwe eeu gevorm het.

    North of the Vaal, the trekkers were founding towns and short-lived republics. Potchefstroom (1838) was the first, and access to a harbour free of British control — Delagoa Bay at Lourenço Marques — was a dream that shaped Transvaal politics for half a century.

  6. Kamer VI · Die Wilde OupaRoom VI · The Wild Oupa

    Frans Johannes van Dyk

    Gebore 4.4.1835 · Gedoop op Cradock, 31.5.1835 · Vermoor in die veld, 5.11.1900Born 4.4.1835 · Baptised Cradock, 31.5.1835 · Killed in the veld, 5.11.1900

    getroud met Anna Johanna Havinga

    m. Anna Johanna Havinga

    Soos die tradisie was, word die oudste seun van Johannes Hendrik en Charlotta Eloff vernoem na Johannes se pa: Frans Johannes. Dié Oupa was wild, en baie legendes word rondom hom vertel — onder andere dat hy in die begin van die Engelse oorlog die dooie kakies van die skotskar wat lyke vervoer het, afgeskop het, omdat hy nie saam met kakies wou ry nie. In die oorlog het hy, as gevolg van ouderdom, die vrouens op die plase opgepas — en is op 5.11.1900 deur verraaiers in die veld vermoor.

    As tradition required, the eldest son of Johannes Hendrik and Charlotta Eloff was named for Johannes's father: Frans Johannes. This Oupa was a wild one, and many legends were told about him — among them that, at the start of the English war, he unhitched the dead khakis from the Scotch cart that carried the bodies, because he refused to ride alongside khakis. In that war, on account of his age, he watched over the women on the farms — and on 5 November 1900 he was murdered by traitors in the veld.

    In daardie tydIn that time

    Die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) het deur die Wes-Transvaal geskeur. Toe die oorlog na verskroeide aarde oorgaan, is plase afgebrand, gesinne in kampe geplaas, en ou manne agtergelaat om te bewaak wat oorgebly het.

    The Anglo-Boer War (1899–1902) tore through the western Transvaal. As the war turned to scorched earth, farms were burnt, families interned, and old men left to guard what remained.

  7. Kamer VII · RustenburgRoom VII · Rustenburg

    Philippus Daniel van Dyk

    Gebore 13.9.1866 · Gedoop in die Gereformeerde Kerk, Rustenburg, 7.1.1867 · Sterf 6.12.1924Born 13.9.1866 · Baptised Gereformeerde Kerk, Rustenburg, 7.1.1867 · Died 6.12.1924

    getroud op Rustenburg, 11.1.1888, met Adriana Johanna Venter · trou ’n tweede keer in 1896 met Elizabeth Johanna van Emmenis, weduwee Viljoen

    m. 11.1.1888 at Rustenburg, Adriana Johanna Venter · m. 1896, Elizabeth Johanna van Emmenis, widow Viljoen

    Die vierde seun kry weer die eggenote se familienaam: Philippus Daniel. Gedoop in die Gereformeerde Kerk Rustenburg, het hy sy hele lewe in daardie Wes-Transvaalse wêreld deurgebring — twee keer getroud, en oorlede in Desember 1924. Oupa Philippus sterf op 6.12.1924.

    The fourth son again received a name from his mother's family: Philippus Daniel. Baptised in the Gereformeerde Kerk at Rustenburg, he lived his whole life in that world of the western Transvaal — marrying twice, and passing away in December 1924.

    In daardie tydIn that time

    Dit was die jare van die Zuid-Afrikaansche Republiek se opgang, goud aan die Witwatersrand vanaf 1886, oorlog, en toe heropbou — met die Unie van Suid-Afrika in 1910.

    These were the years of the Zuid-Afrikaansche Republiek's rise, gold on the Witwatersrand from 1886, war, and then reconstruction — ending in the Union of South Africa in 1910.

  8. Kamer VIII · WaboomskopRoom VIII · Waboomskop

    Frans Johannes van Dyk

    Gebore 19.11.1888 · Gedoop in die Ger. Kerk van Rustenburg, 2.12.1888 · Oorlede op Waboomskop, 19.1.1951Born 19.11.1888 · Baptised Ger. Kerk, Rustenburg, 2.12.1888 · Died Waboomskop, 19.1.1951

    getroud 2.2.1917 met Elsabe Cornelia du Preez (gebore 9.11.1894, oorlede 2.10.1977)

    m. 2.2.1917, Elsabe Cornelia du Preez (born 9.11.1894, died 2.10.1977)

    Die Engelse oorlog het ook sy smarte op die Van Dyk-families gelaat. Baie van hulle, veral klein kindertjies, is in die konsentrasiekampe dood. Ná die oorlog moes almal wat nog in die lewe was, terugkeer na hulle afgebrande plase toe, om weer van voor af ’n lewe aanmekaar te slaan. In dié tyd is Oupa Frans Johannes gebore, wat vroeg in sy lewe na Waboomskop, Swartruggens, verhuis het, waar hy op sy eie grond geboer het. Daar is hy ook oorlede op 19.1.1951 en begrawe teen ’n koppie wat oor die plaas Waboomskop uitkyk. Ouma Elsabe is op 2.10.1977 oorlede en begrawe in Pretoria, waar sy vir etlike jare by haar dogter Margaretha (Rita) gebly het.

    The English war left its sorrows on the Van Dyk families too. Many of them — especially the little children — died in the concentration camps. After the war, all who still lived had to return to their burnt-down farms, to begin putting a life together again from nothing. In that time grew up Oupa Frans Johannes, who early in his life moved to Waboomskop in the Swartruggens, where he farmed his own ground. There he passed away on 19 January 1951, and lies buried against a koppie that looks out over the farm Waboomskop. Ouma Elsabe died on 2 October 1977 and is buried in Pretoria, where for many years she lived with her daughter Margaretha (Rita).

    In daardie tydIn that time

    ’n Geslag wat uit as opgebou het: droogte, depressie en die stadige herstel van die platteland tussen die oorloë. Om jou eie grond te besit en te bewerk, soos Oupa Frans op Waboomskop, was daardie geslag se stille oorwinning.

    A generation rebuilt from ash: drought, depression and the slow recovery of the platteland between the wars. Owning and working your own ground, as Oupa Frans did at Waboomskop, was the quiet victory of that generation.

  9. Kamer IX · Die SpoorwegmanRoom IX · The Railway Man

    Philippus Daniel van Dyk — Oupa Flip

    Gebore 6.12.1917 · Oorlede Saterdag 12.5.2001, begrawe in Pretoria-OosBorn 6.12.1917 · Died Saturday 12.5.2001, buried Pretoria-Oos

    getroud 1.6.1940 met Hermina Catharina Putter (gebore 26.3.1918, oorlede 11.7.2005 — begrawe in dieselfde graf as Oupa Flip)

    m. 1.6.1940, Hermina Catharina Putter (born 26.3.1918, died 11.7.2005 — buried in the same grave as Oupa Flip)

    Oupa Frans se oudste seun, Philippus Daniel, dra die lyn voort. Oupa Flip was ’n spoorwegman. Hy begin as ’n klerk in Johannesburg en word op ’n vroeë leeftyd stasiemeester op Mazista naby Swartruggens. Hy word gou bevorder tot stasiemeester op Devon en daarna na Politsi naby Tzaneen. Hy neem waar as handelsinspekteur in Noord-Transvaal en kry ook bevordering na stasiemeester op Keetmanshoop in die destydse Suid-Wes-Afrika. Weer bevordering na Heidelberg, Transvaal. Vanaf Heidelberg gebeur dinge vinnig — eers as Distriksinspekteur op Upington, stasiemeester op Germiston en Pretoria — en hy tree af in Durban as Goedere-superintendent. Ouma Hermien was die stille moeder in die huis wat 3 kinders grootgemaak het.

    Oupa Frans's eldest son, Philippus Daniel, carries the line onward. Oupa Flip was a railway man. He began as a clerk in Johannesburg and, still young, became stationmaster at Mazista near Swartruggens. He was soon promoted to stationmaster at Devon, and after that to Politsi near Tzaneen. He served as trade inspector in the Northern Transvaal, was promoted to stationmaster at Keetmanshoop in the then South-West Africa, and again to Heidelberg, Transvaal. From Heidelberg things moved quickly — first District Inspector at Upington, then stationmaster at Germiston and at Pretoria — and he retired in Durban as Goods Superintendent. Ouma Hermien was the quiet mother in the house who raised three children.

    In daardie tydIn that time

    Die Suid-Afrikaanse Spoorweë was die staal-ruggraat van die land — die groot werkgewer en die groot verskuiwer van mense. ’n Stasiemeester se aanstellings het die hele kaart geteken, van die laeveld tot die Kalahari tot die kus — presies soos Oupa Flip se loopbaan.

    The South African Railways were the steel spine of the country — the great employer and the great mover of people. A stationmaster's postings traced the whole map, from the lowveld to the Kalahari to the coast, exactly as Oupa Flip's career did.

  10. Kamer X · Nou Is Ons in die HedeRoom X · Now We Are in the Present

    Frans Johannes van Dyk

    Gebore 17.4.1941 in Germiston · Oorlede 29.5.2015 in PretoriaBorn 17.4.1941, Germiston · Died 29.5.2015, Pretoria

    getroud 2.4.1966 met Anna Catharina Francina Otto (gebore 28.6.1941, oorlede 11.2.2021)

    m. 2.4.1966, Anna Catharina Francina Otto (born 28.6.1941, died 11.2.2021)

    Die oudste seun, Frans Johannes, gebore in Germiston, is getroud met Anna Catharina Francina Otto, en vier kinders is gebore:

    The eldest son, Frans Johannes, born in Germiston, married Anna Catharina Francina Otto, and four children were born to them:

    Philippus Daniel van Dyk — 20.12.1966
    Elisabeth Catharina Lombaard (van Dyk) — 13.8.1968
    Hermiena Vermeulen (van Dyk) — 2.5.1970
    Jan Roeland Otto van Dyk — 27.12.1972

    Philippus Daniel van Dyk — 20.12.1966
    Elisabeth Catharina Lombaard (van Dyk) — 13.8.1968
    Hermiena Vermeulen (van Dyk) — 2.5.1970
    Jan Roeland Otto van Dyk — 27.12.1972

    Frans Johannes — die skrywer van hierdie familiestuk — is op 29 Mei 2015 in Pretoria oorlede ná ’n stryd teen kanker. Anna Catharina Francina is op 11 Februarie 2021, gedurende die COVID-epidemie, oorlede. Hulle rus, maar die lyn wat hulle opgeteken het, leef voort in hulle kinders en kleinkinders.

    Frans Johannes — the writer of this family record — passed away in Pretoria on 29 May 2015 after a battle with cancer. Anna Catharina Francina passed away on 11 February 2021, during the COVID epidemic. They rest, but the line they set down lives on in their children and grandchildren.

    In hierdie tydIn this time

    Van die Kaap van 1691 tot vandag: tien geslagte, een onafgebroke lyn. Die kinders van Kamer X dra die naam verder oor Suid-Afrika en, mettertyd, oor die wêreld.

    From the Cape of 1691 to the present day: ten generations, one unbroken line. The children of Room X have carried the name onward across South Africa and, in time, across the world.

  11. Die Lyn Gaan VoortThe Line Continues

    In die woorde van die familiestuk: "Elkeen wat belang het, kan nou vanaf die laaste paragraaf sy/haar eie gegewens invul om die geslagslyn verder op datum te hou." Dit sou fantasties wees as ’n mens ook die moederlyn kon trek — dit sou egter byna onmoontlik wees, want ’n groot hoeveelheid families sou nagevors moes word. Wat wel moontlik is, soos hierbo die geval is, is om die kind se pa se familie se geslagsboom te bepaal.

    In the words of the family record: "Everyone with an interest may now, from the last paragraph, fill in their own details, so as to keep the line of the generations up to date." The record notes it would be wonderful to trace the mothers' lines too, but that would mean researching a great many families — what is possible, as done here, is to trace the father's line of each child.

    Geskryf: 6 Februarie 2009 — FJ van Dyk (17/4/41)

    Written: 6 February 2009 — FJ van Dyk (17/4/41)